Nico Rebebe sal volgende week vir borg vra, na meer as ‘n jaarMay 15, 2025

Nico Rebebe, wat daarvan beskuldig word dat hy op 13 Januarie verlede jaar miljoene by Bank Windhoek se Opuwo-tak gesteel het, het saam met sy 15 medebeskuldigdes op 5 November verlede jaar hul laaste hofverskyning in die Opuwo-landdroshof gemaak en die saak is tot 19 Mei vir verdere ondersoek uitgestel. Hy sal na verwagting Maandag ook ‘n borgaansoek bring. Nog net drie van die beskuldigdes is op borg vrygelaat. Bank Windhoek het destyds gesê minder as 2 miljoen Namibiese dollar is gesteel en hoewel 200 miljoen dollar geteiken is, het ’n vinnige ingryping verseker dat die geld wat gebuit is, aansienlik minder was. Buiten vir elektroniese oorplasings het Rebebe glo die bank met ’n rugsak met 500 000 dollar in kontant verlaat. Dis egter nog onduidelik hoeveel van die gesteelde geld teruggevind is.