NamPol misluk – AR May 15, 2025
Die Affirmative Repositioning-beweging het wat dit noem polisiewreedheid en die dood van burgers in die Ohangwena-streek veroordeel, en verwys na gevalle in Oshikango sedert 2020 tot die onlangse skietvoorval by die Onhuno-padblokkade. Hulle sê geen geregtigheid is nog in enige van die gevalle gesien nie. Reeds in 2021 het ‘n betoging op verandering in die streekspolisieleierskap aangedring. Die beweging doen ’n beroep op die inspekteur-generaal om die prestasie en welsynsprogramme van polisieleiers te hersien. Kosmos 94.1 Nuus het met die beweging se LP Tuhafeni Kalola gepraat, wat sê die gevalle dui op ‘n totale mislukking in streekspolisieleierskap.