Mutota gee jongste oor Okh-moordondersoekeMay 15, 2025

Adjunk-inspekteur-generaal Elias Mutota, die onderhoof van die polisie, sê die mag wag nog op die uitslae van vier DNS-toetse in verband met die gru-moorde in Maart op Okahandja. Hy het met New Era gepraat en sê in totaal is 11 persone van belang ondervra en DNS-monsters is geneem. Sewe uitslae is bekend maar, kan nie met die moorde en verkragtings verbind word nie. Die vyf-jarige Ingrid Maasdorp is op 20 Maart verkrag en vermoor en ‘n week daarna is die ses-jare Roslin Fabiano se oorskot gevind en kort daarna die 15-jarige Beyonce !Kharuxas. Mutota sê daar is steeds ‘n beloning van 50 000 Namibiese dollar maar, as die laaste DNS-uitslae niks oplewer nie, is daar nie verdere leidrade nie.