Iran sal blykbaar sy kernwapenprogram laat vaarMay 15, 2025
Iran is skynbaar bereid om toegewings teenoor Amerika te maak oor sy kernwapenprogram in ruil vir die onmiddellike opheffing van ekonomiese sanksies. Dit volg nadat president Donald Trump Katar gevra het om Iran te oorreed om sy kernprogram te laat vaar. ‘n Raadgewer oor kernwapens vir Iran se opperleier, Ali Shamkhani, sê hulle is bereid om ontslae te raak van hul verrykte uraan wat vir wapens gebruik kan word, en slegs uraan toe te laat wat verryk is vir burgerlike gebruik.