Groot opgraderings vir McLaren voor Imola Grand PrixMay 15, 2025
Motorsport: McLaren gaan na verwagting omvattende opgraderings aan sy motors aanbring vir die naweek se Emilia Romagna Grand Prix op Imola in Italië. Die span het dié seisoen reeds vyf van die eerste ses wedrenne gewen en het ‘n voorsprong van 105-punte boaan die vervaardigers-kampioenskap. Die Brit Lando Norris, wat 16 punte agter sy Australiese spanmaat Oscar Piastri is in die bestuurders-kampioenskap, sukkel met sy motor. McLaren se spanhoof, Andrea Stella, hoop die opgraderings sal die motor makliker maak vir Norris om te bestuur.