Cornal Hendricks, oud-Bok-vleuel, dood op 37 May 15, 2025

Die voormalige Springbok-vleuel Cornal Hendricks is op 37-jarige ouderdom oorlede. Hy het na bewering gisteraand ‘n hartaanval gehad. Hendricks het tussen 2014 en 2015 12 toetse vir die Bokke gespeel en vyf drieë gedruk. Plaaslik het hy Boland, die Cheetahs en die Bulle verteenwoordig. Sy toetsloopbaan is kortgeknip nadat hy in 2016 met ‘n ernstige harttoestand gediagnoseer is. Die minister van Sport, Kuns en Kultuur, Gayton McKenzie, het hulde gebring aan Hendricks en gesê hy het baie mense in sport geïnspireer.