Agri-PV-projek van Unam vorder goedMay 15, 2025

Die GIZ-ondersteunde Agri-PV-projek het onlangs ’n werkswinkel by Unam se Ogongo-kampus aangebied om die dubbele gebruik van grond vir boerdery en sonenergie-opwekking te bevorder. Die projek poog om klimaatsweerbaarheid te versterk met stelsels wat hitte verminder, water bespaar en oeste verbeter. Boere het gevra vir opleiding in die droë seisoen, en meer gewasopsies. Kosmos 94.1 Nuus het met Unam se woordvoerder, Simon Namesho gesels.