Verkrygingswetsontwerp skep korrupsie-geleenthede: IPPRMay 14, 2025

Die Instituut vir Openbare Beleidsnavorsing het sy jongste analise van verkryging in die land bekend gemaak. Die kwessie wat ter sprake gekom het, was die Wysigingswetsontwerp op Openbare Verkryging wat tans in die Nasionale Raad is. Die doel van die wetsontwerp is om die vestiging van ‘n hof vir openbare verkryging te verseker – deel van die Swapo-manifes. Frederico Links, navorser by die instituut, sê die implementeringsplan wat vra vir die vrystelling van verskeie rolspelers wat besig is met ontwikkelingsprojekte baan die weg vir korrupsie.