Verbod op die invoer van witmielies skop in May 14, 2025
Die Namibiese Akkerbouraad implementeer van môre ‘n verbod op die invoer van witmielies. Dit is nie ongewoon nie en beskerm plaaslike produsente. Die raad sê ‘n oes van amper 73 000 metrieke ton word van beide besproeiings- en droëlandprodusente verwag wat plaaslik aan silo-operateurs en meulenaars bemark sal word. Die grens sal gesluit bly tot al die plaaslik beskikbare witmielies suksesvol bemark is. Die raad sê alle invoerpermitte vir witmielies sal môre, 15 Mei outomaties verval.