Velkleur stop Kaapse Vlakte-inwoners van vlugtelingstatus: GOODMay 14, 2025
Die GOOD-party sê talle inwoners van die bendegeteisterde Kaapse Vlakte behoort te kwalifiseer om deur die VSA oorweeg te word as potensiële vlugtelinge. Die party sê die enigste rede waarom dit nie gebeur nie, is hul velkleur. GOOD se sekretaris-generaal, Brett Herron, sê volgens amptelike misdaadstatistieke vir die laaste kwartaal verlede jaar, is daar slegs een moord op ‘n wit boer aangeteken. Hy sê dit is die sogenaamde volksmoord waarvoor die Trump administrasie oënskynlik geval het en wat AfriForum verkondig: