Sirië juig met opheffing van VSA-sanksiesMay 14, 2025

Die Amerikaanse president, Donald Trump, sê hy gaan die sanksies ophef wat meer as ʼn dekade gelede teen Sirië ingestel is.

Na hy die aankondiging in Riaad in Saoedi-Arabië het gemaak het, het duisende Siriërs feesgevier in die strate van Damaskus. Die sanksies is as een van die grootste struikelblok vir die nuwe Siriese regering gesien omdat dit groei en beleggings belemmer.