Protea-spelers gaan IPL-uitspeelwedstryde misloopMay 14, 2025
Krieket: Agt Protea-toetskrieketspelers wat aan die Indiese Premierliga deelneem, sal op die 25ste terugkeer na Suid-Afrika om vir die eindstryd van die Wêreldtoetskampioenskap voor te berei, wat op 11 Junie in Londen teen Australië begin. Dit beteken hulle sal die IPL uitspeelwedstryde mis. Kagiso Rabada, Aiden Markram, Marco Jansen, Lungi Ngidi, Tristan Stubbs, Wiaan Mulder, Ryan Rickelton en Corbin Bosch keer terug, maar David Miller en Heinrich Klaasen, wat nie deel van die toetsgroep is nie, sal beskikbaar wees tot en met die eindstryd op 3 Junie.