Orania se Strydom gesels met Gaetz in VSAMay 14, 2025
Die uitvoerende hoof van Orania Joost Strydom het met Matt Gaetz op One America News gepraat oor kommer oor kommunisme en sê skole en myne is reeds genasionaliseer.
Alhoewel Suid-Afrika se mynwese-wet mineraalregte onder staatsbeheer gebring het, kom dit nie neer op nasionalisering in die sin dat die regering die myne direk besit en bedryf nie. Die reg om te myn berus by die staat, wat dan lisensies aan individue en maatskappye toeken. Die staat se beheer fokus hoofsaaklik op regulering en toesig, eerder as op volslae eienaarskap.