Net Swapo-ondersteuners kry glo rampverligting-kosMay 14, 2025

Gemeenskapsleiers en inwoners van Otjiwarongo het ernstige kommer uitgespreek oor die beweerde misbruik van die rampverligting voedselprogram deur die streekraadslid se kantoor. Die hulp word na bewering onregverdig uitgedeel aan slegs Swapo-ondersteuners. Die groep doen ’n beroep op die owerhede om ondersoek in te stel en die regverdige verspreiding van staatsbronne te verseker. Kosmos 94.1 nuus het met die Otjiwarongo raadslid vir plaaslike owerheid, Sebeteus Kuiteb gepraat.