Mali ontbind politieke partyeMay 14, 2025
Mali se militêre regering het aangekondig dat hy alle politieke partye ontbind het, na die goedkeuring van ‘n aanbeveling wat verlede maand gepubliseer is en wat ongekende betogings in die hoofstad, Bamako, ontketen het. ‘n Verklaring wat op staatstelevisie gelees is, sê dat die besluit deur die militêre leier Assimi Goita bekragtig is. ‘n Nasionale konferensie van politieke spelers in die land het in April aanbeveel dat Goita as president benoem word met ‘n mandaat van vyf jaar, en dat politieke partye ontbind word. Intussen word daar gevrees dat drie opposisiepolitici ontvoer is, volgens partyamptenare en Human Rights Watch.