LPO vergader volgende week met skaapboereMay 14, 2025

Die Lewendehawe Produsente Organisasie hou streekvergaderings om lede in te lig oor ’n studie wat Namibiese skaapboere se deelname aan die internasionale lamsvleis-uitvoerketting wil versterk. Die skaapbedryf wil sy afhanklikheid van lewende uitvoere na Suid-Afrika verminder en nuwe markte betree. Kosmos 94.1 Nuus het met Rina Hough, LPO-kommoditeitsanalis gepraat.