Internasionale Atoomenergie-agentskap ondersteun Afrika se kern doelwitteMay 14, 2025
Die Internasionale Atoomenergie-agentskap sê terwyl kernkrag in Afrika uitbrei, ondersteun hy lande wat die nodige infrastruktuur ontwikkel vir veilige kernenergie. Suid-Afrika wat Koeberg, die vasteland se enigste kernkragaanleg bedryf, wil 2 500 megawatt nuwe kapasiteit byvoeg. Egipte bou sy eerste aanleg wat uit vier groot reaktors sal bestaan. Die agentskap sê lande soek skoon en betroubare oplossings vir hulle energie- en ontwikkelingsprobleme en oorweeg toenemend kernenergie as opsie.