Inflasie: Daar’s verskeie risiko’s wat dopgehou moet wordMay 14, 2025
Simonis Storm sê na die April inflasiesyfers bekend gestel is, hou hy verskeie risiko’s dop. Die eerste is monetêre beleidsvooruitsigte en hy meen die sentrale bank sal die tempo van rentekoersverlagings uiters versigtig handhaaf met slegs een verdere verlaging van 25 basispunte in die tweede helfte van die jaar. Geopolitieke spanning, verskepingsvertragings en nuwe tariefregimes hou ook ‘n beduidende opwaartse risiko vir invoerpryse in – veral brandstof, kunsmis, graan en kapitaaltoerusting. Veranderinge aan brandstofheffings, padgebruikerstariewe of subsidies vir energie en vervoer kan ook die inflasieprofiel wesenlik verander.