DNS het niks met Hengari-saak uit te waai nie – ImalwaMay 14, 2025

Die kantoor van die aanklaer-generaal sê DNS-resultate is nie relevant vir die huidige saak rakende die voormalige landbouminister, Mac-Albert Hengari, nie. Plaaslike media berig dat in ‘n brief sê die kantoor dat hy nie in hegtenis geneem of aangekla is in verband met verkragtingsbewerings nie. Die kantoor het ook verduidelik dat hulle geen DNS-resultate ontvang het nie en nie in besit daarvan is nie. Hengari is verlede maand in hegtenis geneem vir die beweerde poging om die nou 21-jarige slagoffer om te koop om ‘n verkragtingsaak teen hom terug te trek. Die brief kom na eise deur Hengari se regspan vir, onder andere, die DNS-uitslae. Hengari se saak is uitgestel tot 3 Junie en ‘n formele borgaansoek is nog nie gebring nie.