Cyril sal in VSA ‘misverstande oor volksmoord aanspreek’May 14, 2025

Fikile Mbalula, die sekretaris-generaal van die ANC, sê president Cyril Ramaphosa se beplande werksbesoek aan Amerika sal die bewerings van volksmoord teen wit Afrikaners ontlont. Hy het aan die kantlyn van die ANC se Duma Nokwe-gedenklesing teenoor SABC News beklemtoon dat die besoek Suid-Afrika se soewereiniteit sal toon en hopelik betrekkinge tussen die twee lande sal herstel: