Coetzee pleit skuldig op bedrog, sê sy sukkel met dobbelverslawingMay 14, 2025
Maria Johanna Coetzee, wat na bewering in 2018 bedrog van net minder as 2,8 miljoen Namibiese dollar by die Windhoek Internasionale Skool gepleeg het, het haar verslawing aan aanlyndobbelary daarvoor blameer. Sy het in die hof aan regter Makapa Simasiku gesê sy het verskeie gediagnoseerde geestesversteurings. Sy het skuldig gepleit op agt klagtes van bedrog en vyf van diefstal. Coetzee was die skool se finansiële bestuurder en het na Suid-Afrika gevlug waarna sy in Augustus verlede jaar uitgelewer is. Die saak duur voort.