Beleid oor mynwese in bewareas en meer, word hersienMay 14, 2025

Die omgewingsministerie hou die week, sowel as in Junie, openbare konsultasies regoor die land oor die nasionale beleid oor eksplorasie en mynwese in beskermde gebiede met hoë-waarde spesies, sowel as sensitiewe omgewings.  Die ministerie is tans in die proses om die beleid, wat verlede jaar daargestel is en duur tot 2035, te hersien. Die kwessie van mynwese was onlangs in die nuus na bewareas in die Kunene-streek dit hof toe gesleep het saam met ‘n toerisme-konsessie houer wat toe uitgeloop het op die Mededingingskommissie wat ooreenkomste tussen bewareas en toerisme-operateurs nou hersien.