WHS wil hof nader oor skoolhoof aanstelling deur ministerieMay 13, 2025

Namibian Sun berig vanoggend dat Windhoek Hoërskool die regering hof toe sleep oor die aanstelling van Teofilus Nuugulu as skoolhoof. Hy was die hoof by Okahandja Sekondêre Skool en sou vandeesmaand die leisels in die hoofstad oorneem. Maar, volgens die dagblad, het Tertius Stears, voorsitter van die skool se raad gesê hy het nie die nodige vaardighede om die skool te lei nie. Nuugula het 61,2 persent gekry tydens sy onderhoud wat die hoogste is. Volgens Stears is ‘n baie hoër uitslag nodig.