VN waarsku oor klimaatimpak op die vastelandMay 13, 2025

Die VN se Wêreldklimaatorganisasie waarsku Afrika staar klimaatbedreigings in die gesig, insluitend dodelike oorstromings, uiterste hitte en voortdurende droogtes. Die vasteland het in 2024 een van sy warmste jare beleef sedert daar met rekords meer as 120 jaar gelede begin is. Die organisasie sê oorstromings, hittegolwe en droogtes het verlede jaar meer as 700 000 mense uit hulle huise gedwing. Malawi, Zambië en Zimbabwe het die ergste droogte in minstens 20 jaar gehad. Die organisasie sê die uitsonderlike weer- en klimaatsverandering word vererger deur hongersnood, onsekerheid en ontworteling op die vasteland.