Vervoer het meer as 2 miljard dollar nodig vir opknapping, instandhoudingMay 13, 2025
Volgens vervoerminister Veikko Nekundi word 825 miljoen Namibiese dollar benodig vir die opgradering van gruispaaie na teer, en die ontwikkeling van toegangs- en distrikspaaie, asook die herstel van paaie. Hy het ook 990 miljoen dollar versoek vir die opgradering van die spoorwegnetwerk, 49,8 miljoen dollar vir weer- en rampwaarskuwingstelsels, 103,4 miljoen dollar vir maritieme veiligheid, en 562 miljoen dollar vir lugvaarttoerusting en -dienste deur die Namibiese Burgerlugvaartowerheid. Kosmos 94.1 nuus het reaksie gekry van die IPC skadu-minister Nelson Kalangula.