Tienerswangerskappe styg skerp in ZambeziMay 13, 2025

Daar is kommer oor tienerswangerskappe in die Zambezi-streek. Volgens plaaslike media is 279 in die streek in 2024 aangemeld. Volgens die lynministerie het die land van 2021 tot 2023, 7 454 tienerswangerskappe gehad waarvan 77 in die Zambezi-streek voorgekom het. Dit dui ‘n wesenlike styging in een jaar aan. Meisies so jonk soos 13 is in die streek swanger en daar word beaam dat ouertoesig ontbreek maar die probleem is veel meer kompleks as net dit.