Suid-Afrikaners wat VSA toe gaan nie vlugtelinge nie May 13, 2025
President Cyril Ramaphosa het bewerings van die hand gewys dat die 49 wit Suid-Afrikaners wat na die VSA verhuis het, kwalifiseer as vlugtelinge. Hy sê hierdie mense word nie vervolg nie en voldoen dus nie aan die kriteria vir vlugtelingstatus nie. Hy het sekere burgerlike groepe gekritiseer en daarvan beskuldig dat hulle waninligting versprei en nasionale eenheid ondermyn:
Intussen het president Donald Trump sy standpunt herhaal dat volksmoord in Suid-Afrika plaasvind en sê die media weier om daaroor te berig omdat die vermeende slagoffers wit is en daarom het hy hulle vlugtelingstatus gegun. Trump sê hy sal na verwagting volgende week met die Suid-Afrikaanse leierskap vergader: