Span Hollard wen al wat WPP-titel isMay 13, 2025

Span Hollard het die 2025 Nedbank Windhoek Power Pedal-reeks oorheers en het die algehele individuele en spantitels vir mans en vroue gewen ná die eindstryd by die Heldeakker-brug in Windhoek. Jacques Hanekom het sy eerste elite resies-oorwinning behaal in ‘n tyd van 2 uur, 34 minute en 10 sekondes. Dit het hom die derde plek besorg op die algehele individuele punteleer met 720 punte. Drikus Coetzee was bo-aan die elite mans punteleer met 970 punte, terwyl Roger Suren, wat nie aan die finale byeenkoms deelgeneem het nie, tweede geëindig het met 745 punte. In die elite vroue wedren het die verdedigende kampioen Anri Greeff gewen in ‘n tyd van 2 uur, 29 minute en 39 sekondes. Dit het haar ook die algehele titel besorg.