Sone 3 ervaar 4,1% inflasie in April, Khomas net 3,2%May 13, 2025

Inflasie was in April 3,6 persent, volgens die Namibië Statistiek-agentskap se jongste verslag. Die hoogste koers van 4,1 persent is in Sone 3 aangeteken, wat insluit die suide, Omaheke en Erongo. In Sone 1, die noordelike streke, was dit 3,7 persent en in Sone 2, of Khomas, was dit 3,2 persent. Verbruikers in Khomas het egter die meeste betaal vir 750ml sonneblomolie teen 33 Namibiese dollar 43 sent, terwyl dit in Sone 1 32 dollar 58 sent gekos het en in Sone 3 31 dollar 95 sent. ‘n Honderd gram Rooibos teesakkies was die duurste in Sone 1 teen 37 dollar 76 sent, gevolg deur Sone 3 met 35 dollar 17 sent. In Sone 2 het verbruikers 33 dollar 74 sent betaal.