Shack Dwellers doen dit weerMay 13, 2025
Lede van die Otjiwarongo-tak van die Shack Dwellers-federasie het begin met die diens van erwe in uitbreiding 14 in Orwetoveni. Die tesourier Stella Kakumai sê aan plaaslike media dat die munisipaliteit ‘n groot stuk grond aan die federasie gegee het en 104 erwe sal geskep word. Op die oomblik gebruik hulle grondverskuiwingstoerusting wat plaaslik gehuur is, om water en riool infrastruktuur daar te stel en die volle werke behoort teen Julie voltooi te wees.