Nampo-fees gereed vir honderde vliegtuieMay 13, 2025

Die 2025 Nampo Oesdag buite Bothaville het afgeskop en dit gons reeds behoorlik op die eerste dag. Nie net stroom derduisende besoekers en honderde uitstallers na die landboufees nie, maar baie van hulle daag ook op per vliegtuig. Pieter Moller is vir Kosmos 94.1 Nuus by die fees en het gesels met Cliff Lotter, wat in beheer is van sekuriteit en veiligheid. Lotter vertel meer oor die vliegtuie en die vliegveld.