Namdia-klippies in Port Nolloth gesmous May 13, 2025
Plaaslike berigte lui dat van die diamante wat by Namdia gesteel is, op Port Nolloth in Suid-Afrika verkoop is. Die adjunk-luitenant-generaal van die mag, Elias Mutota sê George Cloete, sy vrou Charmaine en broer Bino het na die kusdorp, bekend vir onwettige diamanthandel, gereis. Dit is nie bekend hoeveel diamante vir hoeveel verkoop is nie. Daar is ook vroeër berig dat plaaslike owerhede nou saam met die SAPD in die buurland werk, nadat verdagte Sam Shololo blykbaar van die diamante daar verkoop het.