Listeriose: Standaarde, eise en vergoeding May 13, 2025
Die Departement van Gesondheid sê voedselveiligheidstandaarde sal nou strenger toegepas word na Tiger Brands se besluit om die listeriose-klasaksiegeding te skik. Die 2017-uitbraak, wat veroorsaak is deur besmette produkte uit die maatskappy se aanleg in Polokwane, Limpopo, het meer as 200 lewens geëis en meer as ‘n 1 000 mense geraak. Foster Mohale van die departement het families van slagoffers aangemoedig om met bewyse vorendag te kom vir moontlike vergoeding: