Dis weer Red Saturday en jou bloed word gesoek!May 13, 2025
Die Namibiese Bloedoortappingsdiens het ‘n tweede Red Saturday wat die naweek gehou word, op 17 Mei. Windhoek, Oshakati en Walvisbaai kom aan die beurt om meer as 250 eenhede bloed in te samel voor die openbare vakansiedae op 26, 28 en 29 Mei. Bloedskenkings sal plaasvind van nege tot twee by Grove Mall en Wernhil. Die senior bemarkingsbeampte van die diens, Michael Sheyavali het meer oor die ander klinieke.