Dis die redes vir die N$2,7 miljard handelstekort in MaartMay 13, 2025
Nog reaksie is ontvang op die Namibiese Statistieke-agentskap se handelstatistieke vir Maart 2025, waarvolgens die handelstekort 2,7 miljard Namibiese dollar bereik het. Uitvoere was gekonsentreer op die mynbedryf met vis wat die enigste nie-mineraal is wat uitgevoer was. Kosmos 94.1 Nuus het met Almandro Jansen gepraat, ekonoom van Simonis Storm, wat meer lig werp op die syfers.
Petroleum olie was die hoof rede vir die handelstekort. Jansen verduidelik.