Depardieu skuldig aan seksuele aanrandingMay 13, 2025
Die Franse akteur Gérard Depardieu is skuldig bevind aan seksuele aanranding van twee vroue – en is ‘n opgeskorte vonnis van 18 maande opgelê. Die 76-jarige Depardieu, wat in meer as 200 rolprente verskyn het, is deur ‘n hof in Parys skuldig bevind aan die betasting van die vroue tydens die verfilming van ‘n rolprent in 2021. Albei vroue het beweer dat hulle destyds bang was om uit te praat en geïntimideer was deur Depardieu. Depardieu het die bewerings ontken en het steun ontvang van baie akteurs, regisseurs en selfs op ‘n stadium die Franse president, Emmanuel Macron, wat die akteur voorheen as “die trots van Frankryk” beskryf het.