Windhoek-onnie van verkragting aangeklaMay 12, 2025
‘n Windhoek-onderwyser sal weer op 7 Julie in die hof verskyn op klagte van verkragting. The Namibian berig die 27-jarige Rohan Bezuidenhout word daarvan aangekla dat hy ‘n seun, ‘n 13-jarige leerder in die skool se koshuis, waar hy as superintendent opgetree het, verkrag het. Hy het voor landdros Mutafela Muharukua verskyn en sal Woensdag na verwagting ‘n formele borgaansoek bring.