Stuk van Kosmos 482 val terug Aarde toe May 12, 2025

Die Europese Ruimteagentskap sê ‘n gedeelte van ‘n Sowjet-era ruimtetuig is waarskynlik terug in die Aarde se atmosfeer na langer as ‘n halfeeu in ‘n wentelbaan. Die Kosmos 482, wat in 1972 op ‘n sending na Venus gelanseer is, het nooit tot buite die Aarde se wentelbaan gevorder nie en het in vier stukke gebreek wat al langer as vyf dekades om die planeet wentel. Een stuk, vermoedelik die landingskapsule, het heel waarskynlik oor die naweek weer die atmosfeer binnegedring. Dit is onduidelik of die voorwerp die aardoppervlakte bereik het of in die atmosfeer uitgebrand het.