NNN in Angola – kenner sê daar’s nou genoeg gepraatMay 12, 2025

Daad moet nou by die woord gevoeg word, sê die politieke ontleder Ndumba Kamwanyah oor Staatshuis se nuus die naweek dat Namibië en Angola steeds van plan is om die Baynes-hidrokragaanleg te ontwikkel. Dit volg ná president Netumbo Nandi-Ndaitwah se eerste amptelike besoek aan haar Angolese eweknie João Lourenço. Kragverspreidingslyne en waterkanale in die Noorde is deel van dié oorgrensprojek by die Kunene-rivier. Die staatshoofde het voorts die belangrikheid van die bou van ‘n spoorlyn tussen Angola en Namibië bespreek. Kosmos 94.1 Nuus het kommentaar van Kamwanyah gekry: