Ngurare sê kleinsake is ‘n belegging in lewenskragtigheidMay 12, 2025
Eerste minister Elijah Ngurare sê ‘n belegging in klein besighede is ‘n belegging in lewenskragtigheid. Ngurare het tydens die fondsinsamelingsdinee van die Oshakati Totem Expo op die dorp gesê dié skou bied nie net ‘n platform vir SME’s nie, maar ook vir kleinskaalse boere, groot besighede en kultuur. Dit bevorder Namibië se strewe na inklusiewe ontwikkeling.