Meisies onder-17 sokkerspan sukkel by Cosafa-toernooiMay 12, 2025

Namibië se nasionale meisies onder-17 sokkerspan het ‘n 3-0 nederlaag teen Malawi gelei in hul Groep A openingswedstryd van die Cosafa Meisies Onder-17 kampioenskap by die Hage Geingob-stadion in Windhoek. Daar word nie verwag dat die span goed sal presteer by die toernooi nie, weens voorbereiding wat baie laat begin het. Zambië het gewys waarom hulle een van Afrika se voorste vrouesokkerlande is met ‘n 4-0 oorwinning oor Mosambiek in Groep B. Groep C het begin met Lesotho, ‘n finalis verlede jaar, wat Botswana 1-0 geklop het. Mauritius speel vandag teen Mosambiek, terwyl Botswana en Zimbabwe kragte meet. Namibië speel môre teen Comores.