Eerste konstruksie vir distrikshospitaal het begin, waar’s die tender?May 12, 2025

Die Tender Bulletin berig dat siviele ingenieurswerke vir Windhoek se distrikshospitaal, ter waarde van 25 miljoen Namibiese dollar reeds begin is deur die Kongom-groep en Genmael Investments. Dit sluit paaie, water, riool en ander dienste in. Intussen sal elektrisiteitsdienste deur middel ‘n aparte tender vir 17,5 miljoen dollar ook begin. Daar is geen aanduiding dat enige openbare tender vir die twee projekte daargestel is nie. Die publikasie sê die lynministerie het aangedui dit sal in Desember vanjaar bekend wees maar is reeds, sonder openbare verkryging, reeds in April toegeken.