Eerste 49 Afrikaner ‘vlugtelinge’ vertrek na die VSAMay 12, 2025
ʼn Groep van 49 Afrikaners wat vlugtelingstatus in Amerika ontvang het, het Suid-Afrika Sondagaand verlaat. Hulle het op ʼn privaat huurvlug van OR Tambo Internasionale Lughawe vertrek. President Donald Trump van Amerika het in Februarie Afrikaners in ʼn uitvoerende bevel beskryf as slagoffers van rassediskriminasie. Die groep sal na verwagting vandag by die Washington Dulles Internasionale Lughawe in Virginië deur staatsamptenare verwelkom word. ʼn Woordvoerder van die vervoerdepartement, Collen Msibi, het aan Newzroom Afrika gesê alle passasiers is gekeur: