DBV behaal sukses in beskerming van 600 000 teelkuikens May 12, 2025

Die Nasionale Raad van Dierebeskermingsverenigings sê hulle is steeds verbind tot die handhawing van hul mandaat om alle diere in Suid-Afrika te beskerm. Die raad het suksesvol ‘n dringende tussentydse hofbevel verkry van die Hooggeregshof in Johannesburg, wat Daybreak Foods dwing om onmiddellik alle onmenslike uitdunningspraktyke te staak en voldoende, gepaste voer aan 600 000 teelkuikens in Mpumalanga en Limpopo te verskaf. Die raad se woordvoerder, Marcelle Meredith, sê die hoenders vrek nie net van honger nie, maar ly geweldig: