Aussie-polisie lê beslag op N$11 miljard se kokaïenMay 12, 2025
Meer as ‘n metrieke ton kokaïen is langs die ooskus van Australië gekonfiskeer en vyf mans is in hegtenis geneem nadat die polisie ‘n verdagte motorboot bestorm het. Speurders sê hulle is ingelig oor die aankoop van ‘n 13-meter lange motorboot met ‘n yslike som kontant in Sydney se Sutherland-shire op 28 April. Die polisie sê hulle het ‘n ondersoek gelas en die vaartuig onderskep terwyl dit op pad was na South West Rocks aan die middel-noordkus van Nieu-Suid-Wallis. Daar het hulle die 1 110 blokke kokaïen gevind. Die straatwaarde word op meer as 11 miljard Namibiese dollar beraam.