Air Namibia: ‘First call-back’ is in hulle afleggingskontrakteMay 12, 2025

AR-parlementslid Vaino Hangula het vervoerminister Veikko Nekundi gevra om voormalige Air Namibia-werknemers te betrek by die stigting van die nuwe nasionale lugdiens, wat teen Desember 2026 beplan word. Hangula, self ‘n voormalige Air Namibia werknemer, beklemtoon dat hulle unieke vaardighede het en eis dat hulle eerste oorweeg word vir werk by die nuwe lugdiens. Kosmos 94.1 Nuus het kommentaar gekry by Renier Bougaard, woordvoerder van die voormalige Air Namibia werkers.