Walvis spilpunt van handelMay 11, 2025

Walvisbaai se hawe was Namibië se belangrikste handelsweg in Maart met 3,9 miljard Namibiese dollar se uitvoere en 4,2 miljard dollar se invoere wat daardeur beweeg het. Volgens die jongste syfers van die Namibiese Statistiekagentskap het 3,4 miljard dollar se invoere die land deur die Ariamsvlei-grenspos bereik, terwyl 1,9 miljard dollar se invoere van die Trans-Kalahari-Korridor gebruik gemaak het.