Oshakati se krane loop weerMay 11, 2025

Watertoevoer na Oshakati en verskeie nedersettings in die omgewing is Saterdag herstel ná NamWater deurnag gewerk het om die pyp tussen Ogongo en Oshakati reg te maak. Dié pyp is Vrydag deur ‘n kontrakteur beskadig wat in die omgewing gewerk het. Dit het nie net watertoevoer an verbruikers nie, maar ook skole, hospitale en klinieke afgesny.