MotoGP: Márquez steeds onoorwonneMay 11, 2025
Die Spaanse motorfietsryer Marc Márquez is steeds onoorwonne in die blitsrenne van vanjaar se MotoGP nadat hy Saterdag ook op Le Mans koning gekraai het. Met dié sege het hy die eerste ryer geword om ses agtereenvolgende seges in die MotoGP se blitsrenne te behaal. Sy broer, Alex, moes weer eens met die tweede plek tevrede wees. Die wedren in Frankryk is die sesde in die huidige seisoen.