Dollar se status onder druk, maar nie in gedrangMay 11, 2025

Die Amerikaanse dollar oorheers internasionale handel en maak die grootste deel van wêreldreserwes uit. Groot ekonomieë, insluitend Saoedi-Arabië en Hongkong, koppel hul geldeenhede aan die dollar. Maar onder president Donald Trump het die VSA ’n handelsoorlog ontketen deur moontlik die hoogste tariewe in ’n eeu in te stel – ’n stap wat sommige waarnemers laat twyfel oor die toekomstige rol van die dollar as wêreldreserwegeldeenheid. Kosmos 94.1 nuus het met die Suid-Afrikaanse ekonoom Dawie Roodt gepraat wat sy reaksie gee het oor die impak.